Listen

Description

Ons almal weet hoe die pryse van ons kosmandjie al hierdie jaar gestyg het. Oor die naweek is daar in die media gewaarsku hoe bv. Tiger Brands nog pryseverhogings van 15-20% oor ʼn reeks van hulle produkte verwag, en hulle maak die produkte wat ons almal gebruik, soos Albany brood Jungle Oats, Koo blikkieskos en All Gold tamatiesous. Hier en daar word daar bespiegel oor die moontlikheid van voedseltekorte.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.