Die idee van 'n welvaartbelasting duik elke nou en dan op en is ook weer by die ANC se beleidskonferensie genoem as ʼn manier om ʼn basiese inkomstetoelaag te finansier. Presies wat met die belasting bedoel word is nie mooi verduidelik nie, maar die konsep is dié van 'n belasting op jou totale rykdom. Dit word nie op inkomste gehef nie, maar op die netto waarde van individue. En dit is waar die probleme begin.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.