Listen

Description

Gister het Saftu en Cosatu hulle #NationalShutdown veldtog gehad en meeste ontleders het dit as onsinnig beskryf. Die vraagstukke soos beurtkrag en stygende lewenskoste is werklik, maar is dit nodig om bewustheid daarvan te skep? Dit is ook nie probleme wat deur betogings opgelos word nie. Maar ek dink daar is tog ʼn grotere sosio-ekonomiese en politieke prentjie om te sien. Suid-Afrikaanse vakbonde is vir verskillende redes in ʼn oorlewingstryd en dit kan ons almal nog beinvloed.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.