As mens die koerant lees, lyk dit of baie mense teleurgesteld is oor die regering se swak beplanning rondom die aankoop van die coronavirusentstof, maar hulle is ook nie baie lus om ekstra daarvoor te betaal nie. Die Departement van Gesondheid skat dit sal ongeveer R20,6 miljard kos om twee-derdes van die bevolking in te ent. Die voorstel dat privaatmediesefondse hulle lede se reserwes gebruik om vir die lede en net soveel nie-lede te betaal het mense omgekrap. Daar is nou nog voorstelle op die tafel, maar elkeen het sy eie problematiek.