Daar is al baie geskryf oor die SAA. Op die oomblik wag die sakeredders vir die regering om nog R10 miljard in die hande te kry, om dit wat oor is van die lugredery van die grond af te kry. Ons almal wag om te sien of Minister Mboweni dit op ʼn fiskale neutrale manier uit die mini-begroting kan haal. Ek wil argumenteer dat die reddingsboeie moet eerder na mense toe gaan as na maatskappye.