Ekonome is die laaste paar weke al bekommerd oor die impak van skokke, soos beurtkrag en die vloede op ekonomiese groei in die tweede kwartaal. Daarby is daar al die kostedrukfaktore wat veroorsaak word deur Rusland se inval in Oekraine en Sjina se Covid inperkings en sommer vinnig loop die stagflasie-spook in die sakenuus. Ongelukkig is ons aanwysers eers met ʼn sloering beskikbaar.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.