Een van die belangrike aanwysers wat hierdie week bekend gemaak word, is private kredietverlening. Groei in kredietverlening was 5,6% in Junie en het afgeneem na 5,1% in Julie. Dus het dit vir vierde agtereenvolgende maand verlangsaam. Dit is veral die krediet toegestaan aan maatskappye wat stadiger gegroei het. Dit is ʼn teken van hoe stadig die ekonomie herstel.