Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die kwartaalikse opname van indiensname (QES) bekend gemaak. Dit is anders as die arbeidsmagopname omdat dit op indiensname in die formele sektor fokus. Die syfers wys dat daar 200 000 meer mense indiensgeneem was as in die eerste kwartaal van 2021. In vergelyking met die vierde kwartaal van verlede jaar is daar 42 000 meer mense indiengeneem. Dit is positief, maar ongelukkig nie baie nuwe werke nie, en wanneer mens na indiensname in verskillende sektore kyk is dit kommerwekkend.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.