Die Reserwebank se Monetêre Beleiskommitee het gister en vandag vir die eerste keer in 2021 vergader. Hulle groot besluit is oor die repokoers en ekonome verwag dat hulle dit onveranderd gaan hou. Ons sal vanmiddag meer weet oor hoe hulle redeneer, maar vir die oomblik kan ons dink oor alles wat hulle moontlik oorweeg.