Listen

Description

Ons weet dat infrastruktuur-investering die hoeksteen is van die regering se heropbou en herstelplan. Ons weet ook dat die regering nie geld het om dit te finansier nie. Die vraag is op watter manier die die privaatsektor betrokke kan raak by infrastruktuur-investering. In sekere kringe is daar die argument dat dit deel moet wees van voorgeskrewe bate-vereistes, maar die groot batebestuurders en versekeraars verkies projekfinansiering. Verlede week het die Tesourie voorgestel dat Regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse verander moet word om infrastruktuur deel te maak van die bateklasse waarin pensioenfondse kan belĂȘ.