Listen

Description

Vrydag by Nampo het Theo Vorster van Gallileo Capital die argument gemaak dat baie van ons se gedagtes is nog vasgevang in die Zuma-era van staatskaping, maar dat dinge nou anders is. Die inisiatiewe vir private opwekking van hernubare energie, vir privaatgebruik van Transnet se spoorlyne, die spektrumveilings ensovoorts, is alles beweging in die regte rigting, maar ons denke moet nog opvang met hoe groot die verandering is. Mens kan maklik ʼn lys redes gee hoekom daardie nie genoeg is nie, maar ʼn klein teken dat dinge wel verander is dalk hoe veerkragtig investering is.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.