Die inflasiekoers het hierdie week opslae gemaak met ʼn skerp styging vanaf 3,2% in Maart tot 4,4% in Aprilmaand. Mens moet versigtig wees om vergelykings te maak met April 2020. Toe was ons almal streng ingeperk en inflasie het effens afgeneem. Sedertdien het ekonomiese aktiwiteit darem weer aan die gang gekom en sommige pryse styg.