Verlede week se ekonomiese aanwysers het weer gewys dat verbruikersvertoue en sakevertroue laag is. Hier en daar beweeg ʼn maatstaf in ʼn rigting wat mense laat moed skep, soos die vermindering van die brandstofprys, maar die ekonomie het nie skielik net omgedraai na die inkrimping van die tweede kwartaal nie. Mens lees ook dat voedselkommoditeitspryse daal, maar wanneer gaan voedselpryse in die winkel weer goedkoper word?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.