Listen

Description

Hierdie jaar is Amerikaanse ekonomiese aanwysers belangrik vir die wêreldekonomie en hulle ekonomiese groeikoers en inflasiekoers raak ons hier in Suid-Afrika direk. Die rede is dat hulle groot en likiede finansiële markte het en beleggers dink dat hulle rentekoers op staatseffekte stel die standaard vir ʼn risikovrye-opbrengs. So wanneer hulle rentekoerse styg versterk die dollar en almal anders se rentekoerse moet ook styg om in pas te bly.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.