Ons almal hoop dat inflasie begin afneem en die noodsaak vir nog skerp repokoersstygings al hoe minder word, maar hoe lyk daardie vooruitsigte? In gister se episode het ek kortliks verduidelik dat produsente of verkopers van produkte en dienste nog heelwat kostedruk ervaar en dat deel daarvan aan verbruikers deurgegee gaan word. Maar dit is net een kant van die muntstuk van ʼn repokoers styging. Die ander kant is dat ons dalk koerse moet verhoog omdat almal anders dit doen.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.