In ʼn tyd van afleide instrumente, kortverkope en klomp ander dinge wat min van ons verstaan is daar die afgelope week ʼn krisis wat ons almal kan verstaan – die Ever Given vragskip wat die Suezkanaal blokkeer en wêreldhandel beinvloed. Daar is klomp goeie grappies daaroor op die internet, maar daar is ook ʼn groot impak op die ekonomie.