Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Kwartaalikse Opname van Indienname bekend gemaak. Dit is anders as die arbeidsmagopname en die fokus is op indiensname in die formele sektor. Hiervolgens het indiensname afgeneem van die eerste na die tweede kwartaal van die jaar. Daar is 22 000 nuwe werksgeleenthede geskep, maar 141 000 poste het verlore gegaan. Die opname gee ook inligting oor vergoeding. Dit wys dat die gemiddelde salaris voor aftrekkings is R24 500 per maand. Dit het in Meimaand op ʼn jaargrondslag met net meer as 4% gestyg. Hierdie is nie goeie nuus nie, maar wat beteken dit vir ons?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.