Listen

Description

Hierdie week lewer die Minister van Finansies die mini-begroting. Gereelde luisteraars sal weet dat fiskale dissipline nodig is. Die Minister moet die verskil tussen die owerheid se besteding en belastinginkomste kleiner kry sodat ons minder hoef te leen. Volgens die sogenaamde aktiewe scenario, moet daar R230 miljard oor die volgende twee jaar besnoei word. Waar gaan hy besnoei en wat gaan dit tot gevolg hĂȘ?