Hierdie week lê die Minister van Finansies die medium-termyn begrotingsbeleidsraamwerk aan die Parlement voor. Dit is ook bekend as die mini-begroting en daar is ʼn paar belangrike dinge waaroor ek graag wil gesels. Wat is die mini-begroting? Waarna moet jy luister wanneer die Minister praat?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.