Meimaand se verbruikersprysinflasiekoers is gister aangekondig en dit is op die hoogste vlak in meer as twee jaar. Inflasie het gestyg vanaf 4,4% in April tot 5,2% in Meimaand.
Beteken hierdie hoƫ inflasiekoers bo-kant die middelpunt van die Reserwebank se teikenband dat rentekoerse binnekort moet verhoog? Die kort antwoord is nee.