Listen

Description

Ekonome probeer deurentyd om die gesondheid van die ekonomie te peil. Op die oomblik gaan dit spesifiek oor die herstel van die ekonomie na die groot inkrimping in 2020. BBP groeisyfers word net kwartaalliks bereken en is beskikbaar met ʼn sloering. Intussen kyk ons na ander maandelikse- of selfs meer hoë frekwensie-aanwysers.

Verlede week is uitvoer en invoer eenheidswaarde-indeks data aangekondig. Dit verteenwoordig die neigings in uitvoer- en invoerwaardes, geweeg met die volumes. Ek sê gereeld dat die Suid-Afrikaanse ekonomie het nodig om insette in te voer wanneer dit groei, en ʼn sterk vraag uit die buiteland na ons uitvoere, is goed vir die groei van die ekonomie. Maar wat sê die nuutste syfers?