Vanaand lewer President Ramaphosa sy derde staatsrede, en dit is jammer om te sê, maar ons is ver van die dae van Ramaforie. Die ekonomie trek swaar en die staatskas is leeg. Ek wonder toe, wat verwag ons van die President? Ek het 'n paar idees oor wat hy kan sê om vertroue te bou.