Tussen die beurtkrag en brandstofprysverhogings gaan dit rof met die ekonomie. Outa sê dat verbruikers is by ekonomiese breekpunt, die UDM wil oor ʼn werkbare oplossing vir die kragkrisis praat en Saai en AgriSA is bekommerd oor die impak wat stygende insetkoste en verbruikers wat swaar kry, op die landbousektor gaan hê. Daar word ook oplossings voorgestel, maar min van hulle verduidelik die koste daaraan verbonde.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.