Listen

Description

Ek praat gereeld oor wat die impak van die Covid-19 pandemie en inperking op die Suid-Afrikaanse ekonomie was in 2020 en hoe die herstel vorder hierdie jaar. Gereelde luisteraars sal weet dat dit nie so maklik is om te bepaal nie. Gister het nog ʼn stukkie van die legkaart bygekom in die vorm van die kwartaallikse opname van indiensname se syfers vir die vierde kwartaal van 2020.