Om te weet wat die impak van die Covid-19 pandemie en inperking op die ekonomie is, is baie belangrik. Hierdie impak is egter nog besig om te ontvou en ekonome kry stadigaan stukke van die legkaart in die hande soos wat nuwe data bekend gestel word. Ons weet dat die bruto binnelandse produk 16,4% kleiner geword het in die tweede kwartaal. Maar wat was die impak op indiensname?
Die resultate van Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse Arbeidsmagopname is nou vrygestel vir die tweede kwartaal.