Die entstof en 'n inentingsprogram teen die coronavirus was hierdie week in die nuus. Private mediese fondse het aangebied om te betaal vir entstof vir hulle 7.1 miljoen lede. Dan is daar ook voorgestel dat die mediese fondse vir nog 7.1 miljoen nie-lede kan betaal. Op sosiale media is mense omgekrap hieroor. Ek wil graag die ekonomie-konsep van private koste en sosiale koste gebruik om vir daardie mense 'n ander perspektief te gee.