Listen

Description

Die laaste paar weke is daar ʼn lekker warm debat oor Suid-Afrika se werkloosheidskoers. Die amptelike syfer uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopname staan op 32,9%, of tewel 8,228 miljoen mense wat werkloos is uit ʼn arbeidsmag van 25,015 miljoen mense. Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie, het gesê die koers is dalk nader aan 10%, en ander kommentators het ingespring om te sê dat die waardheid iewers tussenin is.

Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch