Teresa gesels met Dr. Leila Fourie, die uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs. Sy het 'n hoë pos by 'n Australiese bank prysgegee en teruggekeer Suid-Afrika toe om haar pos in te neem. Ons hoor wat haar motiveer, haar opinies oor leierskap en wat sy alles in haar vrye tyd doen.