Listen

Description

In die eerste aflewering van die nuwe Nuuspod Geldsake segment, gesels  Izak en Corné Welman oor die impak van die  COVID-19 pandemie op mense  se finansies. Besighede het toegemaak, duisende mense het hulle werk  verloor en daar is nie rerig enige vooruitsigte dat dinge gou gaan  verbeter nie. In hierdie ongewone tye moet moeilike finansiële keuses  gemaak word, wat langtermyn gevolge kan hê. Corné gesels oor wat jou  opsies is en hoe om te werk te gaan om dit te implementeer.