Listen

Description

Elke keer as 'n swart leier uit die DA bedank, word die party subtiel,  sowel blatant van rassisme beskuldig, of dan dat hulle minstens nie  goeie rasseverhoudinge in die party se leierskap handhaaf nie. Dit is  ook nou die geval met die bedanking van Makashule Gana en Patricia  Kopane.   Van Herman Mashaba en Mmusi Maimane se dramatiese vertrek uit die party  'n paar jaar gelede, tot Mbali Ntuli se aanslag op die posisie van leier  as die party, sowel as die vertrek van Phumzile van Damme en Bongani  Baloyi is ook deur verskeie ontleders, joernaliste en sommige  betrokkenes self met die raskwas ingekleur.   Maar as 'n mens na die samestelling van die party se leierskorps kyk en  'n klomp ander kwessies in ag neem, wil die som ten opsigte van die  beskuldigings nie klop nie.   Vanaand om 7:00 stel ek die vraag aan Cilliers Brink en Gert Van der Westhuizen.