Listen

Description

Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken sê gewone Suid-Afrikaners moet die staat afskud en op hule eie die staat se mislukkings regmaak. Ons sal as verskillende gemeenskappe hande moet vat. “Ons sal moet begin om die staat en die ANC, wat die publiek gyselaar hou met hul

eie ideologiese besluite, af te skud.” Hy het verder gesê dat politici oor die wêreld heen in fortuinsoekers verander het wat net in eie belang optree. Wilken sê ons sal moet besef ons stryd is nie tussen wit en swart nie, maar tussen ons en die staat.