Listen

Description

Die integriteit van die regstelsel word die afgelope tyd bevraagteken na  die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die verkiesingsdatum,  asook die gebeure rondom oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf. Helen  Zille van die DA sê die regbank is lankal gekaap, en Tim du Plessis  skryf in Rapport dat die stelsel lendelam is. Maar oudregter Kriegler sê  hoewel daar tekortkominge is, is die SA regstelsel nog gesond.