Heidie Taljaard se ouers, Danie en Breggie Brand, en haar suster, Elzabie, is in Julie 2020 wreed op hul hoewe naby Hartswater vermoor. Twee jaar na die verwoestende gebeurtenis word die oortreders in September verhoor. Heidie vertel in 'n openhartige gesprek wat die afgelope twee jaar aan hul familie gedoen het.