Listen

Description

Die DA-burgemeester van Umngeni moet, volgens 'n berig op Biznews, elke  aand op 'n ander plek slaap om sy veiligheid te verseker weens  dreigemente vanuit die ANC.  Chris Pappas het as burgemeester na die November munisipale verkiesing  oorgeneem in die voormalige ANC-munisipaliteit. Dit lyk of die ANC  heftig gekant is teen die verbeteringe wat Pappas en sy raad besig is om  aan te bring.  Dit voorspel niks goed vir komende tussenverkiesings en die nasionale  verkiesing in 2024 nie, as die ANC, soos verwag word, mag gaan moet  afstaan aan ander partye en koalisies.  Ek vra na aanleiding hiervan aan prof. AndrĂ© Duvenhage wat ons van die  ANC kan verwag as hulle moet mag oorgee.