Finansiële Onafhanklikheid (FO) is wanneer die 'moet' verdwyn!
Die 'moet' waarna ons hier verwys is die 'MOET' om geld aanhoudend en aktief te verdien om jou en jou gesin se lewe te kan bekostig (heelmoontlik in 'n werk wat jy net doen vir die salaris en nie vir die liefde van die werk self nie).
FO is wanneer jy genoeg bates en/of fondse het om jou lopende laste te dek.
FO skep dus vir jou vryheid. Vryheid om te kies hoe jy jou tyd spandeer en saam wie en aan wat!
Ek glo vas dat FO vir ELKEEN haalbaar is en nie net vir die groot verdieners nie!!
"Wat sal jy kies om met jou tyd te doen as geld nie`n kwessie is nie?" ... Die antwoord sal heelmoontlik bepaal Waarom jy in die eerste plek FO sal wil wees.
Vind jou 'Waarom FO'