Skuld is iets wat niemand noodwendig op ons naam wil hê nie. Tog is dit amper onvermydelik op een of ander stadium in ons lewens.
In die episode kyk Wayne en Eduan weer na hul persoonlike situasies en besluite.
Maak jy skuld om onvoorsiene uitgawes te dek? Of finansier jy dit uit jou bufferfonds?
Soos altyd is elke situasie uniek, maar deur na ander mense se situasies en perspektief te luister, kan dit jou dalk net in 'n beter posisie plaas om 'n meer ingeligte besluit oor jou eie situasie te neem.