Almal van ons is deur God geskape om 'n verskil te maak in die lewe van 'n ander persoon. God het 'n plek vir jou waar jou unieke vermoëns en passies die lewens van ander kan beïnvloed. Ons glo dat jou lewe meer sinvol sal wees wanneer jy daardie doel vind, ontwikkel en vervul.
Diensbaarheid is iets wat ons doen omdat ons ‘n verhouding het met God. Diensbaarheid begin altyd by God. Diensbaarheid kan nooit selfsugtig wees nie. So wanneer jy iets doen onder die banier van diensbaarheid met die gedagte, wat kan ek uit die deal kry, dan is dit nie diensbaarheid nie. Diensbaarheid gaan altyd oor die ander persoon.
Maar wanneer ons dink aan diensbaarheid dan moet ons kyk na wat Jesus doen. Jesus is ons voorbeeld.
As jy wil saai in ons Aanlyn Bediening is jy meer as welkom.
Ons gebed is dat elke sent 'n siel sal aanraak.
Lig en Lewe Sentrum
FNB Rek no: 624 682 989 24
Takkode: 250 655
REF: CHURCH ONLINE