Die liggaam in homself kan nie funksioneer nie. Daar is sekere elemente wat nodig is om die mens ‘n lewende liggaam te maak. ‘n Liggaam wat lewe, het ‘n siel wat aktief is en ‘n gees in hom. Ons is geesmens, ons het ‘n siel en ons woon in ‘n liggaam. Ons het dit nou al baie kere gehoor. En dit is so.
Ons leef verewig omdat ons geesmens is.
Die vraag is net waar gaan jy die ewigheid spandeer? Jesus is die weg die waarheid en die lewe. Hy is die deur tot die Vader en sonder Jesus sal ons die teenwoordigheid van God binne gaan nie.
Om hierdie reeks af te sluit oor die liggaam en diensbaarheid het ek dit in my hart gevoel om te praat oor hoe ons as liggaam moet funksioneer. Hoe moet ons optree? Wat is die fokus punt vir ons lewe?