Wanneer ons die woorde hoor, “Blessing”, “Seën”, “God voorsien”, en “vensters van die Hemele”, dan sien ons hoe God uitreik na ons en ons help om sukses te behaal. God is die een wat seën en vir ons sorg. Ek ervaar dat die Here wil in hierdie laaste tyd Sy kinders seën en ons bring op ‘n plek waar die wêreld na ons kyk en sê, “Hoe kry julle dit reg om sukses te behaal?”. Dawid is seker een van die grootste voorbeelde waar God die mens wil seën. Dawid was ‘n man so na aan God se hart. Hoekom? Ek kom agter soos ek die bybel lees dat God wil ons seën. God wil hê dat dit met ons moet goed gaan. Ja ons verstaan nie die manier hoe die Here altyd werk nie, ja ons het vrae oor die toekoms en ons wonder of God ons nog hoor. Maar ten spyte van hoe ek en jy mag voel en mag redeneer oor dinge van God, is God die een wat vir ons sorg en Hy weet ook dat elke deel van ons lewe in Sy hande is. God wil jou seën. God wil jou lewe vul met genoeg.