Listen

Description

Daar is baie praatjies oor hoe om meer te kry, meer geld, meer tyd, meer liefde, meer alles. As ek die vraag vra, “Wie wil meer hê?” dan glo ek baie sal hulle hande opsteek en sê ek soek meer.  Van nature is ons baie gulsige mense. Die probleem kom hier in dat ons gewoonlik die meer negatiewe goed soek in ons lewe. Die goed wat ons menslike begeertes bevredig. Waneer is genoeg, genoeg?  Maar hierdie selfde stelling kan vir ons die beste nuus ooit wees. Hierdie stelling kan ook vir ons help om sukses te behaal wanneer die tyd reg is.   Die tyd waarin ons leef is daar nie meer tyd om te wonder of ek genoeg insit in my verhouding met die Here nie. Daar is nie genoeg tyd om aan die slaap te raak en ingesluk te word deur ons eie gemaksugtigheid nie. PUNT, dit is ‘n opoffering om die Here te dien. Dit vat beplanning en doelgerigtheid.