Wanneer ons verlief is dan sing ons onwillekeurig. Die liefde in ons maak dat ons hartsnare soos 'n harp begin speel en ons die ritme van liefde begin ervaar. God is veronderstel om ons eerste liefde te wees, maar hoeveel keer verloor ons daardie gevoel van sing wanneer ons die geleentheid het om Hom liefde te gee. Is jy regtig nog lief en verlief op God?