Listen

Description

Hoop kan baie dinge los maak in ons lewens. Hoop vir 'n beter lewe, hoop vir 'n goeie uitslag, hoop dat jou span gaan wen. Hoop bring verwagting en geloof in ons lewe in.

Dit bring ons tot 'n punt waar jy verby die onmoontlike kyk en kyk na die wonderwerk. Dit bring ons by 'n plek waar ons perspektief verander en ons bring by 'n plek waar gebed gefokus word op wat God se wil is.