Ons almal het al gebid. Op een of ander manier het ons in 'n gesprek met God gegaan. Gebed, of dit nou vol krag en vuur is en of dit in eenvoud is, Gebed het 'n impak op die lewe om ons. Daarom sal ons gereeld hoor, 'n lewe sonder gebed is 'n kragtelose lewe. Jou lewe gaan meer van God beleef, wanneer jou lewe gevul is met 'n gebedslewe.