Listen

Description

“Fairy tales” is iets wat ons elke dag mee te doen kry. Ons het groot geword met dit en ons vertel dit vir ons kinders. Ons gebruik hierdie fabels om sekere waarhede vir ons kinders te leer op ‘n kreatiewe manier. Wie hou nou nie van ‘n goeie storie nie. Stories wat so amazing klink maar ons weet voor ons siel dat nie die waarheid is nie. Want waar in jou lewe het jy al ‘n wolf gesien wat ‘n huis om blaas, of waar het jy al gesien varkies bou huise.

Fairy Tales is stories wat vertel word van onwerklike gebeurtenisse.

Jesus LEEF en dit is nie ‘n fairy tale nie. Ons weet dit vandag, ons glo dit vandag....MAAR.... hoeveel mense is daar vandag wat glad nie glo in die dood en opstanding van Jesus nie. Vir baie mense is dit net ‘n fairy tale. Vir baie mense is dit iets wat onwerklik is en wil hulle nie eers die geskiedkundige bewyse daarvan glo nie. Want mense het dit opgemaak. Klink bekend, nê? Klink soos die Fariseërs wat na pilatus toe gegaan het en gevra het om om die graf te beveilig want Sy dissipels gaan sy liggaam kom steel. Stories om die waarheid toe te smeer.

Maar prys die Here geen storie, geen klip, geen graf en geen weermag gaan Hom dood hou nie. Jesus LEEF!!! Hy het die dood oorwin.

As jy wil saai in ons Aanlyn Bediening is jy meer as welkom.   Ons gebed is dat elke sent 'n siel sal aanraak.    

Lig en Lewe Sentrum   FNB  Rek no: 624 682 989 24   Takkode: 250 655 REF: CHURCH ONLINE