Listen

Description

Ons almal maak foute. Ons word ook vasgevang in ‘n web van skuldgevoelens agv die foute wat ons maak. Wie het al skuldig gevoel oor foute wat jy gemaak het? Ja baie van ons. Hoe het dit jou laat voel? Die foute veroorsaak dat jy so bietjie terug trek en skaam staan. Die skaamte as dit verder toegelaat word in jou lewe kan depressie veroorsaak omdat die negatiewe gedagtes jou lewe vul. Jy kan vry wees van hierdie skaamte.  Foute is deel van ons lewe. Die probleem wat ons deesdae sien is dat wanneer mense foute maak ons nie die verantwoordelikheid vat om dit reg te maak nie. Ek sit by my tafel en bid oor hierdie boodskap en ek hoor in my gees, “Ek wil hê mense moet weet hulle kan na my toe kom wanneer hulle foute maak. Ek stel belang”.  

As jy wil saai in ons Aanlyn Bediening is jy meer as welkom.  

Ons gebed is dat elke sent 'n siel sal aanraak.  

Lig en Lewe Sentrum  FNB Rek no: 624 682 989 24  Takkode: 250 655 REF: CHURCH ONLINE