Listen

Description

Wanneer ons van een plek na ‘n volgende beweeg is dit belangrik om soms die gewoontes wat ons aangeleer het af te skud. Kom ek gebruik ‘n voorbeeld. Ons het vir 4 jaar langs die kerk gebly. En so tydjie terug getrek na die nuwe pastorie. Ek het al ‘n paar keer die kinders by die skool gaan aflaai en wanneer ek terug ry huis toe dan draai ek in gedagte by Rose straat af met die gedagte ek gaan nou huis toe. Dan net voor die huis besef ek, ek is by verkeerde huis.   Ek moes leer om nuwe gedagtes en nuwe gewoontes aan te leer sodat ek darm by die nuwe huis kon uitkom.   

Net so is dit in ons geestelike lewe die geval. Ons moet nuwe gedagtes aanleer. Ons moet die ou sondige gewoontes afleer en nuut begin dink oor alles. Hoe doen ons dit? Hoe kry ons dit reg om hierdie ou gewoontes en ou gedagtes af te leer?  Ons moet onsself herinner aan wie God is, en nie waaraan ek gewoont is nie. God moet ons fokus punt wees.   Daardie eerste keer wat ons doel bewus verby ons ou straat ry en reguit aanhou ry om by die nuwe adres uit te kom, was so lekker en daar was hierdie gevoel van nuwe seisoen, nuwe lewe, ‘n varsheid. Dit was lekker. Die opwinding het hoog geloop.    

As jy wil saai in ons Aanlyn Bediening is jy meer as welkom.  Ons gebed is dat elke sent 'n siel sal aanraak.  

Lig en Lewe Sentrum  FNB Rek no: 624 682 989 24  Takkode: 250 655 REF: CHURCH ONLINE