Ons lewe word gevul met baie frustrasie en baie gebede en ons wonder soms wanneer gaan die deurbrake in ons lewe regtig plaasvind. Daar word baie gepraat en daar word baie gesê dat dit gaan kom, dit moet kom en dan is ons ook soms so heilig om te sê dis ons geloof wat nie groot genoeg is nie. Het jy al gesien hoe groot ‘n mostert saad is? Dis baie klein. En met daardie bietjie geloof sê die Here dat ons berge kan versit.
Waarvoor staan jy in die lewe? Is dit wat jy in jou lewe ervaar regtig dit wat jy glo? Of is dit die samelewing wat hul gewoontes en gedagtes op jou afdwing? Ek glo dat ons 'n tyd in beweeg waar ons nie langer in die gees moet terugstaan en wonder oor wie ons in Christus is nie. It's time to say no more and take a stand for your faith in Jesus. Nie om te toi-toi nie, maar om in geregtigheid op te staan en die karakter van Jesus uit te leef en 'n ewige verskil te maak. Ek dink ons gedagtes en ons woorde staan meeste van die kere in ons pad om deurbrake te ervaar.
Ek wil vandag voorstel ons sê NO MORE. No More doubt. No More unbelieve. No More self-doubt. NO MORE FEAR!!!
As jy wil saai in ons Aanlyn Bediening is jy meer as welkom. Ons gebed is dat elke sent 'n siel sal aanraak.
Lig en Lewe Sentrum FNB Rek no: 624 682 989 24 Takkode: 250 655 REF: CHURCH ONLINE