Vandag gesels ons oor die Visie vir die jaar en wat God in ons lewe wil kom oop maak.
Past Rudi deel sy hart oor die gedagte van geopende deure en hoe ons dit prakties kan uitleef.
ASK: Praat met die Here. Vra Hom wat jy nodig het en om te vra is vry. God luister en Hy is gewillig om ons te help.
SEEK: Hierdie gedagte is so belangrik, want nou gaan dit nie meer oor ons nie, dit gaan oor God. Wanneer ons God soek, belowe die Here dat Hy gevind sal word. Maar om te soek is effort, en dit vat soms tyd. Jy moet doelgerig soek.
KNOCK: Om te klop, moet ons by die deur staan. Wanneer ons klop by 'n deur is dit gewoonlik omdat ons die persoon ken aan die ander kant van die deur. Die fees is anderkant die deur, daarom moet ons by God se deur gaan klop en aanhou klop.