Listen

Description

Ons almal praat een of ander taal. Afrikaans, Engels, Xhosa, Spaans ens. Sommige mense is gretig om nuwe tale aan te leer en die vermoë te hê om met verskillende mense te praat regoor die wêreld.

Om ‘n taal te praat is baie belangrik. Dit is die primêre manier hoe ons kommunikeer.

As ek vandag net ‘n klomp geluide kom maak het en niemand kon my verstaan nie, hoe sou ons God se Woord kon vat en leer, en groei in geloof. Laat ons bietjie dink aan die storie in die Bybel van die toring van Babel.

Net soos Afrikaans of Engels is GELOOF ‘n taal. Ons moet die woorde van geloof begin praat.

Speaking FAITH.

Die woorde wat ons praat in geloof, het die vermoë om ons omstandighede te verander.