Ons gaan verder in ons reeks oor Foundations. As kind van God het ons nodig om op die regte fondasie te bou. JESUS CHRISTUS is daardie fondasie.
Verlede week het ons gekyk na die fondasie, maar nou is dit belangrik om te weet hoe ons op die fondasie moet bou. Vandag begin ons by die begin. Die vrees vir God.
Ons kan nie vorentoe beweeg sonder die vrees van die Here in ons lewe nie. Dit is die begin en daarop kan ons bou.
Dit is 'n Heilige vrees wat ons nader trek aan die Here en nie weg jaag nie. Dit is waarop ons lewe gebou word. Dit is die begin van wysheid.
Toe Job die vrees van die Here herstel in sy lewe, het God Job se omstandighede ook herstel.